Fisantagtiges

Phasianidae
Phasianus colchicus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Phasianidae

Horsfield, 1821
Subfamilies

Die fisantagtiges of jagvoëls (Phasianidae) is 'n familie van kleurryke voëls in die orde van hoendervoëls (Galliformes). Die familie omvat ongeveer 50 genera met 181 spesies.[1] Dit sluit onder ander fisante, kalkoene, kwartels, patryse en poue in. In Suid-Afrika is net patryse en kwartels inheems, hoewel sommige van die groter patryse in Afrikaans die naam fisant dra. Jagvoëls is grondbewoners, maar kan ook goed vlieg. Uiterlik lyk hulle baie soos die gewone huishoender en die hane dra ook een of meer spore aan die pote. Die Suid-Afrikaanse verteenwoordigers is almal grondkleurig. Die patrys is standvoëls en die kwartels trekvoëls.

Spesies in die familie woon op die grond. Hulle kom in verskeie groottes voor, maar is oor die algemeen vetterig met relatief breë, kort vlerke. Baie het 'n spoor agter op hul bene. Mannetjies van die groter spesies is dikwels helderkleurig. Hulle vreet tipies sade, wat hulle met insekte en bessies aanvul.

  1. (en) Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2012). IOC World Bird Names (weergawe 3.2.).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search